Die bemaking van ‘n kontantbedrag of kontantlegaat kom redelik gereeld in Testamente voor. Ons ontvang dikwels navrae oor die rente wat op sodanige kontantbemakings verdien word gedurende die termyn wat die boedel onder administrasie was en die kontantbedrae dus nog nie aan die regmatige erfgename uitbetaal kon word nie.
Category: Estates and Trusts
BATES EN U HUWELIK
Dit is belangrik om, voordat u trou, die wetlike implikasies van die huweliksgoedere-bedeling te verstaan ter wille van die opstel van u testament aangesien die bedeling wat ter sprake is, die eienaarskap en beheer van u bates sal beïnvloed.
HOE WORD U GADE EN FAMILIE SE ERFLATING TEEN TOEKOMSTIGE HUWELIKE BESKERM?
Gades van beide geslagte kan ‘n slagoffer van manipulerende nuwe verhoudings word en die welvaart van die familie benadeel. Die gebruik van ‘n testamentêre trust kan hierdie situasie verhoed.
DIE DEFINISIE VAN ‘N GADE VIR BOEDELBEPLANNING EN ONDERHOUD
Die hedendaagse en minder tradisionele instelling is dat paartjies op ‘n meer informele basis ‘n lewe saam begin en ‘n toekoms saam beplan. Word partye in ‘n saamwoon verhouding as gades geag?
BOEDELS EN TRUSTS, KRY HULP VAN KENNERS
Boedels, Testamente en Trusts is ‘n gespesialiseerde vakgebied en ons kry dus deurlopend navrae oor verskeie temas. Ons het ‘n paar vrae wat ons in die verlede ontvang het met terugvoere gelys.
POLISSE EN BOEDELBELASTING
Daar ontstaan dikwels vrae oor die hantering van polisse in u boedel en daar is veral baie onsekerheid oor of die opbrengs van ‘n polis belasbaar is vir boedelbelasting of nie. Hoe werk polisse en boedelbelasting?
WAT BEHELS BOEDELBEPLANNING?
Boedelbeplanning behels die proses om gedurende u leeftyd die uitvoerbaarheid van u Testament te toets met die doel om boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en skenkingsbelasting tot die minimum te beperk of selfs heeltemal uit te skakel.
U TESTAMENT EN POLISSE BY EGSKEIDING
Ons het in ‘n vorige Artikel die uitwerking van ‘n egskeiding op Testamentêre vererwing bespreek.
HOE KAN U FAMILIETRUST GEDEREGISTREER WORD?
Die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 vereis nie die formele deregistrasie van ‘n Trust nie en die Meesterskantore waar Trusts geregistreer word, bevestig bloot dat die deregistrasie-besluit genoteer is.
HUURKONTRAKTE EN AFSTERWE
Daar bestaan gereeld onsekerheid of huurkontrakte beëindig word of voortgaan met die afsterwe van die verhuurder.