Die gevare en risiko’s en die gevolglike probleme wat ontstaan indien u sonder ‘n geldige Testament, m.a.w. Intestaat, te sterwe kom, is beslis nie beperk tot die voorbeelde wat ons in die artikel lys nie, maar hierdie is van die algemeenste situasies waarmee ons gereeld gekonfronteer word.
Category: Estates and Trusts
’N NUWE JAAR EN NUWE VOORNEMENS… IS U TESTAMENT OP DATUM?
Die lewe is baie onvoorspelbaar en ons adviseer graag kliënte om erns te maak om ‘n testament in plek te hê. Ons vra en beantwoord ‘n paar basiese vrae ten opsigte van die opstel van ‘n Testament.
KIES U EKSEKUTEUR REG
Die belangrikheid om u Eksekuteur reg te kies, kan nie genoeg beklemtoon word nie. U Eksekuteur is die persoon wat ten tyde van u afsterwe aangewys word om in die beste belang van u familie met u bates te handel en die belangrikheid van hierdie posisie moet dus nie onderskat word nie. Hierdie artikel beskryf waarom dit raadsaam is om u Eksekuteur reg te kies.
TESTAMENT EN EGSKEIDING
In vorige artikels het ons al die belang beklemtoon om sover as moontlik u Testament op datum te hou, veral wanneer groot gebeure soos bv. ‘n troue, ‘n egskeiding, ‘n geboorte plaasgevind het. In hierdie artikel brei ons uit oor die noodsaaklikheid daarvan om ‘n Testament te hersien juis wanneer daar ‘n egskeiding was. Ons kyk ook na wetgewing daarrondom en die gevolge indien aanpassings nie gebeur nie.
WAARDASIE VAN BOEDELBATES
Dit is uiters belangrik dat boedelbates teen ‘n realistiese markwaarde in die Likwidasierekening opgeneem word, hoofsaaklik omdat die totale waarde van die boedelbates ‘n direkte invloed het op die kostes wat deur die eksekuteur gehef word en ook op die kostes wat op die oordrag van enige onroerende eiendomme aan die oordragprokureur betaalbaar sal wees.
VRUGGEBRUIK EN DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE VRUGGEBRUIKER
In hierdie artikel omskryf ons wat ‘n vruggebruik is, hoe ‘n tipiese vruggebruik geskep word, asook wat die verantwoordelikhede van die vruggebruiker teenoor die blooteienaar is.
DIE GEVARE OM SONDER ‘N TESTAMENT TE STERWE TE KOM
'n Testament is waarskynlik een van die belangrikste dokumente wat u gedurende u leeftyd sal teken, maar dikwels word die waarde van 'n deeglik deurdagte testament onderskat. Ons bespreek die gevare en risiko’s wat ontstaan indien u sonder ‘n Testament te sterwe kom.
U TESTAMENT – NUTTIGE WENKE
Dit is altyd raadsaam om u Testament op datum te hou en om seker te maak dat u Testament deur ‘n kundige persoon opgestel is. Ons gee ‘n paar wenke wat u in die opstel van u Testament in ag kan neem.
U BOEDEL EN BEGRAFNISKOSTES
Die kostes ten opsigte van ‘n begrafnis of verassing kwalifiseer as geldige eise teen ‘n boedel en behoort dus as ‘n eis teen die boedel genoteer te word.
A7C EN TRUSTS: WATTER INVLOED HET DIT OP U?
U het sekerlik al van 7C gehoor, maar wat is die gevolg daarvan op u? In hierdie artikel poog ons om oplossings ten opsigte van 7C aan u te bied.