Die jaar is behoorlik weer aan die gang. Ons het ‘n Afskopbraai geniet, afskeid van kollegas geneem, krieket en rolbal gespeel en sien uit na die feesviering van Groep 1 se verjaardae.

Die jaar is behoorlik weer aan die gang. Ons het ‘n Afskopbraai geniet, afskeid van kollegas geneem, krieket en rolbal gespeel en sien uit na die feesviering van Groep 1 se verjaardae.
Dit is belangrik om te besef dat ons nie net in isolasie leef nie, maar dat ons deel is van ‘n gemeenskap waar ons telkemale geleenthede kry om ‘n helpende hand te bied.
2017 het aangebreek. Ons as personeel van FHBC en BGR Broodryk Kotzé Ing. is opgewonde om ook hierdie jaar vir u en u maatskappy diens van hoogstaande gehalte te lewer. Ons deel graag die laaste nuusbrokkies van Desember en wat vir Januarie voorlê.
2016 word amper vaarwel gewuif en weereens kan ons met dankbaarheid sê dat ook hierdie ‘n suksesvolle jaar was. Baie dankie aan elke kliënt wat ons die geleentheid gun om tot u besigheid waarde toe te voeg. Dankie aan elke personeellid vir die harde werk, toewyding, spanwerk en energie wat elkeen tot die kantoor toevoeg.
Nothing worst than wanting to access your data on your computer, only to find that unauthorised activity is blocking you to do so. The following article provides some pointers to assist you to ensure that your data is safe.
Tydens Oktober was die personeel bedrywig met Kankerbewusmaking, ‘n afskeid, ‘n verwelkoming en Basedag. Nou is daar in November (of altans Movember) ‘n vooruitsig vir nog personeel kuiers, ‘n troue en ‘n Jaareindfunksie.
Gemeenskapsorganisasies vul ‘n kritiese gaping in die sosiale welvaart van ‘n gemeenskap. FHBC-BGR se sosiale betrokkenheid by die Gemeenskap is een van die prioriteite van die maatskappy en waarop ons trots is. Ons ondersteun ook Loslitdag ter fondsinsameling vir mense met gestremdhede.
September is die maand van die Lente... en by ons kantoor... ook die maand van die liefde. September het verlowings en ‘n troue opgelewer. Ons moes ongelukkig ook van ‘n kollega afskeid neem.
Augustus was ‘n bedrywige maand. Ons het ‘n spanbou gehad, verjaardae gevier en ons moes ongelukkig ook afskeid neem.
Die personeel het op Madibadag hul 67 minute met Silwerkruin se bejaardes deurgebring. ‘n Noot vir Noot kompetisie het die geheue van treffers van ouds wakker gemaak en selfs ‘n paar danspassies opgelewer. ‘n Paar van ons personeellede het ook gaan jag, net anderkant Beaufort Wes.