PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons deel graag foto’s van ons spanbou. Een van ons direkteure het in die buiteland gaan fiets ry. Twee nuwelinge is verwelkom, maar ons moes ongelukkig ook kollegas groet. ‘n Skool was besoek, die personeel het gaan stem, Pantoffeldag was ondersteun en ons sien uit na nog ‘n verjaarsdagpartytjie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons het personeellede se verjaarsdae gevier, aan ‘n rolbaltoernooi deelgeneem, ‘n gholfdag ondersteun en aan Wellington se halfmaraton deelgeneem. Ons sien uit na ‘n spanbou, twee nuwe kollegas wat by ons aansluit en ons sal ons kruisies tydens stemdag gaan trek.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Veels geluk aan Jacobus Maree (Direkteur) en sy spanmaat wat die ABSA Cape Epic bergfietsresies voltooi het. Ons vertrou almal het die Paasnaweek geniet. Ons het ‘n spanmaat welkom geheet. Ons neem deel aan die “Battle of the professions” rolbaltoernooi in die Paarl.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die Afskopbraai was 19 Januarie by Wellington se rolbalklub. Ons het drie nuwelinge welkom geheet. Ons neem deel aan Wellington se Krieketbesigheidsliga, asook die Rolbalbesigheidsliga. Verder oefen een van ons direkteure vir die ABSA Cape Epic fietsresies, Valentynsdag was gevier en ons groet aan die einde van die maand twee kollegas.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons deel nog ‘n paar foto’s van ons Jaareindfunksie en ons deel foto’s van ons Kerspartytjie op 13 Desember. Ons spog met personeel se loopbaanvordering, asook met nuwelinge wat by ons aangesluit het. Die Afskopbraai was 19 Januarie en ons sien uit na die jaar wat voorlê.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

‘n Babadogtertjie is welkom geheet, Internasionale Rekenmeestersdag is gevier, twee bruilofsfeeste was gehou, ons het ou papierwerk laat snipper, ‘n heerlike jaareindfunksie geniet en binnekort is ons Kerspartytjie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Gedurende Oktober het ons op Gesondheid gefokus. Ons was o.a. aktief, ons het pienk gedra, ons het Projek Flamingo ondersteun, gesondheidsondersoeke was gedoen en ons was met vrugte bederf. Verder was Basedag gevier, ons het kollegas gegroet, ‘n babatjie is oppad, nuwe kollegas is welkom geheet. Ons het ook ‘n bruilof gehou en ons het nog ‘n bruilof oppad.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Op 8 September het ons ‘n kollega met ‘n kombuistee verras, asook Bok-Vrydag gevier. Op 21 September het ons Xero sessies gehou. Op 3 Oktober is ons reeds ‘n jaar by ons kantore te Somerset-Wes. Gedurende Oktober ondersteun ons steeds deurentyd die Springbokke en ons fokus op gesondheid.