Twee van ons Direkteure was die sprekers by ‘n SAICA Discussion Group. FHBC is deur SAIT geakkrediteer om Tax Technicians op te lei. Een van ons Direkteure is as Tentmaker Diensleraar bevestig. Ons het vier nuwelinge welkom geheet, ons het die koms van die lente gevier, aan Loslitdag deelgeneem, en die Sekretaresses bederf. Verder het die Fidusiêre span, as deel van Testamenteweek, aan ons personeel die geleentheid gebied om hul testamente gratis op te stel. ‘n Ander Direkteur het aan die Cape Pioneer Trek mountain bike race deelgeneem. Gedurende die laaste week in September neem ons deel aan die Week vir Bejaardes.
Category: Office and Personnel
PERSONEELNUUS
Ons Madibadag projek kon vir ‘n paar gesinne verligting teen die koue bring. Ons spanbou het vereis dat kollegas uit verskillende afdelings in spanverband saamwerk om ‘n kreatiewe skepping te maak. Twee dogtertjies en een seuntjie is in ons FHBC familie welkom geheet. Een kollega het tydens Augustus by ons aangesluit terwyl ons ook kollegas gaan groet.
PERSONEELNUUS
Op 17 Junie was ons kantore vir ‘n langnaweek gesluit. Ons deel ‘n paar foto’s van wat die personeel met die afdag gedoen het. Ons het twee bevorderings. Ons gaan gedurende Julie ‘n spanlid by FHBC MAS (Pty) Ltd welkom heet. Op 18 Julie is ons spanbou waartydens ons ook iets gaan maak wat ons aan ‘n instansie gaan skenk.
PERSONEELNUUS
Ons het ‘n nuwe kollega by FHBC Legal Consulting welkom geheet en een kollega by FHBC (Wellington) verwelkom. ‘n HintHunt spanbou was aangedurf. Die personeel het Tekkie Tax ondersteun. ‘n Kollega het getrou. Daar was twee babatees en een babatjie is gebore. 17 Junie was ons kantore gesluit.
PERSONEELNUUS
Die personeel het Pantoffeldag ondersteun. Ons het twee nuwe kollegas welkom geheet. Ons het een kollega gegroet. Personeel het ook Tekkie Tax ondersteun.
PERSONEELNUUS
Jacobus Maree (Direkteur) het die ABSA Cape Epic Fietsresies suksesvol voltooi en hy en sy spanmaat het 11de uit die gemengde spanne geëindig. Ons het ‘n kollega gegroet en ook ‘n kollega verwelkom. Een van ons Direkteure is gelegitimeer.
PERSONEELNUUS
Twee kollegas is gegroet en sover is een kollega verwelkom. Ons het tydens die jaarlikse Rolbaltoernooi, asook ons eie rolbal spanbou, besef dat ‘n paar kollegas verskuilde talente het. Ons was by die six-a-side krieket toernooi verteenwoordig en by die ABSA Cape Epic fietsresies gaan FHBC se logo ook trots verskyn.
PERSONEELNUUS
Ons het nuwe spanlede welkom geheet, asook Valentynsdag gevier. Verder speel ons krieket, neem ons deel aan die Rolbalbesigheidsliga en ondersteun ons Direkteur wat binnekort die ABSA Cape Epic fietsresies aandurf. Ons groet ongelukkig ook kollegas.
PERSONEELNUUS
2021 was afgesluit met ‘n Kerspartytjie. ‘n Kollega het getrou. Een van ons Direkteure (Jacobus Maree) het ‘n paar uitmergelende fietsresiese aangedurf en voltooi. Ons nuwelinge het voorgevat met die reëlings vir ons Afskopbraai. Die krieket is aan die gang.
PERSONEELNUUS
Veels geluk aan kollegas wat aan die Run Walk for Life se Progressive Challenge deelgeneem het. Die krieket is weer aan die gang. Ons het op 1 Desember spanbou gehad en dit was ‘n fees!