Die personeel het Pantoffeldag en Tekkie Tax ondersteun. In Namibië was daar ‘n kankerbewusmaking rally waaraan ons deelgeneem het. Ons het afskeid van ‘n kollega geneem en ons sien uit na die Spanbou op 7 Junie 2019.

Die personeel het Pantoffeldag en Tekkie Tax ondersteun. In Namibië was daar ‘n kankerbewusmaking rally waaraan ons deelgeneem het. Ons het afskeid van ‘n kollega geneem en ons sien uit na die Spanbou op 7 Junie 2019.
Tydens April het ons van ‘n kollega afskeid geneem. Gedurende Mei maand was die personeel aktief by die Safari Maraton in Wellington, en ons ondersteun ook Reach for a Dream en Tekkie Tax.
Tydens Maart en April was ons geleentheid gebied om as kollegas fees te vier. Ons is dankbaar oor twee babatjies wat gebore is, oor verjaarsdae wat nog ‘n jaar herdenk kon word, oor ‘n huwelik wat betree is, gesondheid om aan sportgeleenthede te kan deelneem en oor ons Paarl kantoor.
Die maatskappy was goed verteenwoordig by die jaarlikse Besigheidsliga van die Rolbalklub. Ons is steeds besig met die Krieket se Besigheidsliga. Valentynsdag was oudergewoonte gevier en die personeel was lekker bederf. Ons is trots op twee van ons Direkteure wat die Imbuko Imbuko Big Five Bergfietsresies voltooi het. Ons het die oujaar met ‘n braai afgesluit en verjaarsdaggroep 1 se partytjie is om die draai.
2019 het met ‘n spoed weggetrek. Op 18 Januarie 2019 het ons die jaar formeel afgeskop toe ons tydens ons Maatskappydag almal oor die strategie vir die jaar ingelig het. Ons spog ook met twee van ons Direkteure wat aan die Attakwas Extreme resies deelgeneem en dit suksesvol voltooi het. Ons sien uit na die krieket, die rolbal en Valentynsdag wat voorlê.
Januarie 2019! Voorspoed word elkeen toegewens. Mag hierdie jaar werklik geken word deur groot suksesse en deurlopende vooruitgang. Ons kyk vir oulaas terug na Desember 2018 en ons sien uit na wat by die Maatskappydag op 18 Januarie vir die personeel voorlê.
Twee dames trou binnekort en ons kon dit regkry om albei te verras vir hulle gesamentlike kombuistee! Ons het die naderkruipende jaareinde in Woodstock gaan vier en ons sien uit na die laaste partytjie op Vrydag 14 Desember 2018.
Die somersweer inspireer die personeel om nog meer aktief te wees. Ons spog met hulle deelname aan verskillende events. Basedag was ook gevier en ons het ‘n oomblik stilgestaan by mense wat ‘n stryd teen kanker voer. Ons sien uit na die Jaareindfunksie wat om die draai is.
Ons personeel stel nooit teleur wanneer Loslitdag ondersteun word nie. Ons het verjaardae gevier, twee van ons Direkteure het ons maatskappy by ‘n fietsresies verteenwoordig, ons het saam met die inwoners van Silwerkruin Internasionale Dag vir Bejaardes gevier. Later in Oktober gaan van ons kollegas teen ‘n Stoomtrein te voet en te fiets resies hou.
Ons het Vrouemaand gevier, een van ons Direkteure is met branded kleredrag gemotiveer om 240km op ‘n fiets af te lê, en ons sien uit na Loslitdag.