Gedurende November het ons die Springbokke ondersteun, asook Huis Andrew Murray se Santa School Box projek. Verder was Internasionale Rekenmeestersdag gevier en verjaarsdaggroep 4 het partytjie gehou. Ons het ‘n nuwe spanlid welkom geheet. Ons Jaareindfunksie was ‘n groot lekkerte.
