Die bemaking van ‘n kontantbedrag of kontantlegaat kom redelik gereeld in Testamente voor. Ons ontvang dikwels navrae oor die rente wat op sodanige kontantbemakings verdien word gedurende die termyn wat die boedel onder administrasie was en die kontantbedrae dus nog nie aan die regmatige erfgename uitbetaal kon word nie.
