September is ‘n maand gevul met feesvieringe! Ons is baie trots op ons personeel wat in hulle klerkskap, asook akademies vorder. Ons het twee nuwelinge verwelkom. Sekretaressedag was gevier. ‘n Xero bekendstellingsessie en Xero Opleidingsessie was gehou. Loslitdag was behoorlik gevier en die tema van “I see you” was baie kreatief uitgebeeld. Ons het ook verjaarsdaggroep 3 se verjaarsdae gevier. Maandag 23 September is ons kantore vir ‘n spesiale verlofdag gesluit.
